Karoo The 5th wonder of our world

EnglishSpanishChineseFrenchGerman
Events
March 2019
  • M
  • T
  • W
  • T
  • F
  • S
  • S
  •  
  •  
  •  
  •  
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Cacadu
Tourism News
Dit woel op Jansenville
30 July 2010
 

Plaaslike toerisme organisasie aan die werk
 Dinge begin gebeur op Jansenville.
Die Ikwezi Plaaslike Toerisme Organisasie (Local Tourism Organization) of LTO is reeds aan die werk sedert die stigting aan die begin van Februarie en 'n verskil kan reeds aan die dorp gesien word.
Daar is reeds in Mei begin om die dorp skoon te maak. Besoekers aan die dorp het gedurende die vakansie die verskil opgemerk en praat van hoe skoon Jansenville is. Daar is nog heelwat te doen wat ook binne die volgende drie maande aandag sal kry. Brugstraat lyk besonder goed met eilandjies voor die motorhawe en by die brug wat al aandag gekry het skep dit 'n baie goeie indruk. Binnekort sal ook klippies en vetplante ingebring word om die straat te versier.
Verskeie aansoeke is ingedien vir finansiële hulp om projekte te finansier.
Fondse is bekom om die Fort en ander historiese plekke te restoureer en te verfraai. Daar sal binnekort daarmee begin word aangesien die Fort as een van die belangrikste toeriste attraksies beskou word.
Verlede week het 'n aantal persone wat verbonde is aan die Oostelike Provinsie Historiese Vereniging en die Port Elizabeth se Historiese Vereniging die dorp besoek. Hulle was veral baie beindruk met die Sid Fourie Historiese Huis, die Mohair Experience en die NG Kerk wat 'n nasionale monument is.
Hulle was geskok oor die toestand van die ou Fort en was bly om te hoor dat binnekort met restourasie begin sal word omdat hulle dit as n baie belangrike historiese attraksie beskou. Vandale het dit erg verniel sedert dit vyf jaar gelede gerestoureer is.
Die webtuiste van Ikwezi en Jansenville sal ook opgradeer word terwyl 'n pamflet oor Jansenville se besienswaardighede, bly plekke en wat om te doen ook gedruk sal word.
Pauline van Zyl, voorsitter van die lkwezi Organization het in 'n onderhoud gesê dat daar baie hard gewerk is om alles in plek te kry en om fondse te bekom.
Daar kan nou begin word om te doen wat beplan is. Nog heelwat fondse is nodig het sy gesê, want daar is nog heelwat om te doen om lkwezi en sy besienswaardighede te bemark en besienswaardig te maak.

 
 
View more news articles for this area.
Explore our Seven Wonders
Click Here
Karoo Brochure
Karoo Travel Brochure
Ikwezi Mohair Festival